Friday, December 4, 2015

oor ons ewige gebergtes

I hope my my international readers will be able to translate this, I have to write this in Afrikaans

Terwyl donker politieke wolke oor die land versamel en donderblitse van verdriet en moord die volk aantas, ruk ‘n seepkussie heen en weer onder die voete van ‘n verwaande vent. Sy kop is kaal geskeer met ‘n magie wat hom net sou diskwalifiseer  van die dreigemente wat hy oor die ongeskoolde swart massas skree, ‘n skree wat deur die massas teen die berge echo en uitroep  na die blou hemel onder die droee harde Afrika son. Sy rooi beret sit skeef sonder houding op sy kop en die oorgewig sweet rol soos riviere langs sy slape af totdat sy rooi oorpak dit in donker kolle van sy swart nek aflek. Sy voete begin ritmies op die seepkissie spring, terwyl die woorde “kill the boer” oor sy dik Kentucky blink lippe die vrede van die dag versteer, rooi droee stof slaan onder die skare se voete uit as hulle die ritme sonder enige denke na hulle kaal vuil voete deurstuur, die voetstamp dril deur die grond totdat dit klein kraakies langs die ossewaspore in die Drakensberge maak, sy stem en die van die skare weergalm teen die kranse en roep uit na die hemele, en dit is asof hy wag om aandag op hom te vestig.

Hy is deeglik bewus dat die seepkussie onder hom sal wankel en val as die skare ophou skree en sing, hy weet dat die kussie net ‘n tamatie kassie sal word as hy die die onrus sweep nie meer oor die skare kan swaai nie. Hy weet dat sy aksies van die dag oor rooi knetterende braaivleis vure bespreek sal word, dat sy boodskap met kritiserende stemme oor die vure in Afrika sal dawer, dat die stemme se klanke van die vure weg sal dwaal totdat dit deur die donkernag verswelg sal word. Hoe meer hy tart en swets hoe verder sal sy naam oor die vlaktes trek, hoe verder sal sy naam bekendheid verwerf. Hy skree slagspeke van haat in Engels oor die skare wat nie eens ‘n woord verstaan wat hy se nie, want dit is bedoel vir die braaivleisvure van vannag. Die skare skree saam al weet hulle nie eens waaroor dit gaan nie.

Ek voel hoe die frons van my voorkop af verdwyn, hoe my mondhoeke kielie en in ‘n hemelse glimlag verander, ek hoor hoe soete stemme uit die blou van die hemele dawerend oor die berge vou, selfs die seepkus monster draai sy kop na bo, ek hoor hoe die kranse antwoord gee en die lied oor die klein rooibende skare stoot, ek sien hoe my geliefde nasie rys die klank en ritme is so oorweldigend dat selfs die rooi oorpak kniee tot stilstand kom, ek sien hoe hulle monde die woorde vorm wat my geliefdes nou uit vollebors sing. Ek sien hoe die kaalkop mannetjie se maagie skut soos hy woorde oor die dawerende lied probeer skree, selfs die donker sweetkolle onder sy kraag verander in wit salpeter, die seepkusie kraak en tuimel onder sy voete ineen en kom knetterend met ‘n rooi stofwolk teen die Afrika grond tot stilstand.

Ek hoor hoe die woorde oor my stembande dril, hoe die woorde “ons sal lewe ons sal sterwe, ons verjou Suid Afrika” oor my lippe in die lug ontplof.


Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see, het ons nasie as een opgestaan en sy plek volgestaan. Dit is dan volbring

Willie Beetge