Monday, December 7, 2015

Max Du Preez dwaal weer in sy drome

Max Du Preez mis die pot weer heeltemal met sy uitlatings en planne om Suid Afrika se problem op te los. 




Dis baie maklik Max ons moet die mense in hierdie foto vat 


en die mense in hierdie swart huis wat deur BEE gebou is en hulle oorreed om in



So 'n woonbuurt in te trek wat jy vir ons gaan bou


Met polisie manne wat na almal kyk


Lees die stuk gerus noukeurig deur, en sien my nederige aanmerkings in rooi


“Max du Preez: Apart woon is apart doen
Deur Max du Preez 05 Desember 2015 00:10
http://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/1825/1f0295bb18594e5c8bb91f794e190c87.jpg


So lank as wat Suid-Afrikaners apart van mekaar woon, sal hulle apart van mekaar lewe – en dink, en doen. Dit is die een faset van apart-heid waaraan ons die laaste twee dekades byna niks gedoen het nie.
Dit is baie moeilik om ongelykheid in ’n samelewing te versag, dalk onmoontlik om heeltemal ongedaan te maak sonder om die ekonomie te vernietig.”
In Suid-Afrika is ongelykheid nie net onder die hoogste ter wêreld nie, dit is ook die gevaarlikste foutlyn wat ons toekomstige stabiliteit bedreig.” 
Volgens my beskeie opinie, is dit ‘n wereldwye probleem, ‘n probleem wat niks met rasse diskriminasie te doen het nie, maar wel met ekonomiese klas verskille. En ja Max jy is korrek ons sal die hele ekonomie moet vernietig om dit reg te stel. Dit sal dan lei da tons onder ‘n kommunistiese stelsel almal saam in honger sal kan saam leef
Meer as enige ander nasie het ons boonop die probleem dat ongelykheid ’n sterk ras-element en wortels in ons bittere verlede het.
Terwyl ons na ekonomiese modelle en metodes soek om ekonomiese ongelykheid en armoede te bekamp, behoort ons alle moontlike stappe te doen om die stygende swart en bruin gegriefdheid aan te pak, die afgrond tussen bevolkingsgroepe kleiner te maak en ’n sin van nasionale identiteit te bevorder.
Die eerste Groepsgebiedewet is destyds in 1950 deur die wit parlement aanvaar en het in die daaropvolgende 40 jaar in verskeie gedaantes daarvoor gesorg dat wit, bruin, swart en Indiër weg van mekaar af woon.
Die laaste weergawe van die wet is al in 1991 herroep, maar stads­beplanners oraloor het meestal bloot die ou paradigma bly volg en ons woon vandag nog meestal weg van mekaar – in die meeste gevalle ver weg van mekaar.
Ek het dié week hieraan gedink toe ek deur die Vrystaat gereis het: Die een spierwit dorp ná die ander met ’n township (baie plattelanders praat nog van die “lokasie”) en ’n plakkerskamp ’n ent weg, gewoonlik aan die ander kant van die nasionale pad of die spoorlyn.
Met die vlug terug Kaapstad toe kon ek die strakke residensiële segregasie in die Skiereiland uit die lug beskou en soos ek van die lughawe af huis toe ry, het ek geweet: hiér bly meestal bruin mense, hiér bly meestal swart mense, en hiér is die wit woonbuurte. Wit woonbuurte is nou ook die swartman wat aan BEE voordeel getrek het se woonbuurt Max.
Ek dink die herontwerp en herverbeel van ons stedelike leefruimtes is net so belangrik, dalk belangriker, as grondhervorming wat landbougrond aanspreek.
Sowat ­sewe uit tien Suid-Afrikaners woon in stede en navorsing het gewys dat die meeste van hulle geen belangstelling het om te gaan boer nie, maar beslis onder beter omstandighede in die stede en­ ­dorpe wil bly.
Dit gaan nie net oor nasiebou en menswaardigheid nie, daar is sterk ekonomiese redes waarom ons die praktyk dat armer klasse so ver van die sentrums van ekonomiese aktiwiteit woon, moet verander. Hoeveel stories het jy nie al gehoor van werkers wat vier of vyf uur lank elke dag na en van die werksplek reis nie? Ons het ook gehoor dat die taxi geweldadig opruk as ons hulle kliente wil help, so jy sal sekerlik eers die Taxi sindikate moet verwoes.
Dit gaan ingrypende kopskuiwe, vars idees, heelwat konsultering en ’n ton politieke wil kos om dié probleem aan te pak, maar dit moet dringend gedoen word. Max dit is ‘n goeie droom maar die politieke leiers stel nie belang nie, waar sal Malema nous y seepkussie plaas as al die mense gelukkig saamwoon, waar sal die ANC beloftes onder korrupsie maak as die mense gelukkig is. Jy het ‘n beter kans om die Fryheids Front Plus te kry om dit vir jou te implimenteer, dit is nou as hulle ‘n meerderheid in die parlement bereik het.
Alle stede en dorpe moet dit doen, maar kom ons neem Kaapstad hier as ’n voorbeeld. Die staat wil uiteindelik die 2,5 vierkante kilometer waarop die Pollsmoor­gevangenis gebou is, verkoop, want dié plek is in ’n baie swak toestand. Dit is strategies tussen Tokai en die M3 geleë.
Dan is daar die yslike stuk grond tussen Century City en die woonbuurte Rugby, Brooklyn en Milnerton waarop die Ysterplaat-lugmagbasis nou is. Dit raak aan die oop stukke grond in Culemborg, wat aan Transnet behoort, wat weer raak aan die groot stuk oop grond by Oude Molen, aangrensend aan Pinelands.
Dié eiendomme kan tienduisende gesinne huisves. Die ideaal sou wees om dit só te ontwikkel dat welvarende mense, middelklas-mense en mense in die werkersklas almal ’n tuiste kan vind en in harmonie in dieselfde omgewing kan woon.






No comments:

Post a Comment

South Africa is burning under the false leadership of the ANC and the EFF