Monday, December 15, 2014

SPORE VAN WRAAK DEUR MY SIEL

'n Kort ongeredigeerde uittreksel uit my boek SPORE VAN WRAAK DEUR MY SIEL



Ek voel hoe die weerlig flitse deur my kop flits as die aanvaller se vuis my gesig met geweld tref, die straatlig lyk of dit in mistigheid verdwyn, voor die donker my oorval, my oë sien nie meer nie maar ek kan die aanvaller se hande oor my liggaam voel gly, ek kan sy warm asem oor my kaal maag voel blaas. Ek probeer skree maar my stembande lê ongehoorsaam in my keel, my arms voel soos lood wat aan my sye vas sit, ek skree dat hulle moet beweeg, maar die klank steek voor in my keel vas en dit is asof hulle my nie kan hoor nie. Die aanvaller trek nou my rompie op en verwyder my onderklere, ek knyp hard om my bene toe te druk maar ek kan voel hoe hulle soos twee lewenslose sake oopval. Ek lê lewensloos maar die bietjie bewussyn wat ek nog oor het wyer om op te gee, my verstand baklei maar hy het geen liggaam om sy wense uittevoer nie. Vir ‘n oomblik voel ek hoe my vinger beweeg, ek voel hoe die dik warm vloeistof  oor my lippe loop waar my tande my lip oopgeskeur het met die vuishou wat teen my lippe ontplof het.

My onderbewussyn ontsnap vir ‘n oomblik en ek sien hoe my pa en ma by die tafel sit en lag, maar dit duur nie lank nie. Ek skree op my arms en bene om my te gehoorsaam, dit is asof dit vir ‘n oomblik werk ek kan die geel straatlig weer sien, maar dit is asof dit agter ‘n opgewasemde venster verskuil is. My oë draai en kan nou die swemmende beeld van my aanvaller sien, sy donker gesig, ek probeer om dit in fokus te bring maar die lense van my oë wyer om te verstel, ek kan sien hoe sy skouers werk en ek voel hoe sy vingers my indring, ek probeer weer om my bene toe te knyp maar hulle het te swaer vir my geword, ek kan hulle nie beweeg nie.

Ek voel hoe hy my nou indring en is bewus van sy geweldadige op en af beweeging ek voel hoe die gras onder  my kop my hare gryp as my liggaam in die ritme van sy bewegings rondskyf.  Ek voel hoe die warm semen in my losbars, ek kan die pyn tussen my bene voel waar hy my oopgeskeur het.

My oë probeer weer fokus maar ek kan net sien hoe die donker siluette van my aanvaller sy broek optrek, sy gewig is nou van my af maar my liggaam gehoorsaam nog nie die bevele wat ek uitstuur nie. Ek kan sien hoe hy om my loop, hy bekyk my en dan voel ek hoe sy seilskoen my hard teen die kop skop, die ligstrale wat deur my kop flits soos die breinselle die trama ondervind, die weerlig flits weer en ek voel hoe die pyn deur my kop skiet. Ek probeer kyk maar dit is nou donker, ek probeer voel maar my liggaam voel verlam. Sy stewel ontplof in my ribbes onder my arm, dit is nie meer seer nie ek voel hoe die lug uit my longe oor my lippe skiet ek hoor die kreunnende geluid wat diep uit my ingewande ontsnap. Ek voel hoe die warm vloeistof tussen my boude afloop voordat dit in die gras afdrup. Ek hoor hoe die aanvaller vir my iets sê maar sy stem is net ‘n klank wat hol in my kop rond dwaal, en teen my kopbeen weergalm. Ek voel hoe die windjie tussen die takke oor my maag stoot, hoe ‘n blaar op my gesig neerdaal, maar ek kan nie beweeg nie. Dit voel of my lyf ‘n gevangene is, of die skree van my onderbewussyn in ‘n donker saal weergalm en dan in die mure vaskleef. Ek probeer ontsnap maar die venster in die half-donker saal is te klein, ek hoor hoe my stem vir my uit die mure skree maar ek kan nie die woorde verstaan nie. Die straat-lig flikker weer ek is uit die donker-saal uit, ek voel hoe my aanvaller se warm asem teen my oor streel, ek hoor sy stem wat in my oor fluister, ek verstaan die woord “bitch” maar die res is onverstaanbaar. Ek voel hoe sy hande weer om my keel druk, sy vingers druk koud teen die kant van my keel, ek slaan met alle geweld na sy gesig wat nou voor my oë is, maar my arm beweeg nie dit is asof ek in ‘n droom vasgevang is. Die straatlig verdof en die donker omvou my weer, ek sien weer die koors-saal waar my stem soos die van ‘n ander met my praat. Dit is asof die stemme verward is en ek kan hulle nie verstaan nie. Die klein venstertjie in die hoek lyk nou grooter en ek probeer weer om deur dit te ontsnap, maar my skouers is nog te groot. Ek kyk na my voete hulle lyk grooter as my skouers, en daar is bloeddruppels wat droog tussen my tone vas-sit. Ek druk my kop deur die venster en kyk in die gangetjie buite die venster af, aan die einde van die gang is daar ‘n helder lig, wat my oë laat pyn, ek moet uit ek moet uit maar my skouers is te groot.
Ek gly op my maag as die koors-saal kantel en tref die muur, die muur stop my nie ek gly deur, en kan nou weer die geel straatlig sien, ek sien hoe my aanvaller my aan my voete vat en my tussen die bosse begin intrek, my kop hop oor die ongelyke grond, gras en blare, die take krap my kaal lyf en ek voel hoe hulle in my rug in-steek.