Sunday, January 4, 2015

kort uittreksel uit my boek


Ek sien hoe die donker die gedaantes voer, hoe die drie wat my nou misbruik soos gemaskerde kinder van die duister plessier uit die donker suig. Die weerkaatsing van die straatlig teen die nat muur is al wat my aan die gang kan hou, ek besef dat die donkerte my ook soos ‘n monster gaan insluk, dat sy tong om my gaan vou, dat sy griewel hande my in sy mond gaan plaas, as die straatlig my nie kan red nie. Ek skree nou vir die lig, ek pleit vir sy vergifnis, hy moet my vergewe dat ek my veilige kamer verlaat het om wraak te neem. Maar dit is asof die lig my nie wil hoor nie, asof hy my nie in die skaduus kan sien nie.

Die golwe breuk hard op die strand agter my kop en die bose, my geestesoog sien hoe die skuim van die golwe in die lug in sweef as die aand windjie dit van die water skei. Ek het die onweerstaanbare drang om in die golwe te spring, om my kop onder die taai soutwater in te druk en die suurstof en water in my longe in te suig.
Ek wil weer in die koor-saal gaan wegkruip, ek wil die venster aan die anderkant oopbreuk en na die lig toe gaan. Maar ek kan nie, my liggaam is deur die donker vasgevang, die donker het hande en vingers wat my betas, wat soos doring take teen my vel rond krap, wat my indring. Ek probeer om die stinkasem indringer se oë te sien, te sien of hy na my kyk, of sy oog kleur by die donker pas, maar die skadu van sy hoedie beskerm hom teen my drang. Ek verlang na die adjudant, na die sersant wat sonder uitnodiging ons eetkamer-tafel beset het.

Ek verlang na die vuurwapen wat erens in die huis skuil, na die patrone wat teen die die aanvaller langs die Spar se lyf ontplof het. Maar dit is nie daar nie.