'n Kort ongeredigeerde uittreksel uit my boek SPORE VAN WRAAK DEUR MY SIEL
Ek voel hoe die weerlig flitse deur my kop
flits as die aanvaller se vuis my gesig met geweld tref, die straatlig lyk of
dit in mistigheid verdwyn, voor die donker my oorval, my oë sien nie meer nie
maar ek kan die aanvaller se hande oor my liggaam voel gly, ek kan sy warm asem
oor my kaal maag voel blaas. Ek probeer skree maar my stembande lê ongehoorsaam
in my keel, my arms voel soos lood wat aan my sye vas sit, ek skree dat hulle
moet beweeg, maar die klank steek voor in my keel vas en dit is asof hulle my
nie kan hoor nie. Die aanvaller trek nou my rompie op en verwyder my
onderklere, ek knyp hard om my bene toe te druk maar ek kan voel hoe hulle soos
twee lewenslose sake oopval. Ek lê lewensloos maar die bietjie bewussyn wat ek
nog oor het wyer om op te gee, my verstand baklei maar hy het geen liggaam om sy
wense uittevoer nie. Vir ‘n oomblik voel ek hoe my vinger beweeg, ek voel hoe
die dik warm vloeistof oor my lippe loop
waar my tande my lip oopgeskeur het met die vuishou wat teen my lippe ontplof
het.
My onderbewussyn ontsnap vir ‘n oomblik en
ek sien hoe my pa en ma by die tafel sit en lag, maar dit duur nie lank nie. Ek
skree op my arms en bene om my te gehoorsaam, dit is asof dit vir ‘n oomblik werk
ek kan die geel straatlig weer sien, maar dit is asof dit agter ‘n opgewasemde
venster verskuil is. My oë draai en kan nou die swemmende beeld van my
aanvaller sien, sy donker gesig, ek probeer om dit in fokus te bring maar die
lense van my oë wyer om te verstel, ek kan sien hoe sy skouers werk en ek voel
hoe sy vingers my indring, ek probeer weer om my bene toe te knyp maar hulle
het te swaer vir my geword, ek kan hulle nie beweeg nie.
Ek voel hoe hy my nou indring en is bewus
van sy geweldadige op en af beweeging ek voel hoe die gras onder my kop my hare gryp as my liggaam in die ritme
van sy bewegings rondskyf. Ek voel hoe
die warm semen in my losbars, ek kan die pyn tussen my bene voel waar hy my
oopgeskeur het.
My oë probeer weer fokus maar ek kan net
sien hoe die donker siluette van my aanvaller sy broek optrek, sy gewig is nou
van my af maar my liggaam gehoorsaam nog nie die bevele wat ek uitstuur nie. Ek
kan sien hoe hy om my loop, hy bekyk my en dan voel ek hoe sy seilskoen my hard
teen die kop skop, die ligstrale wat deur my kop flits soos die breinselle die
trama ondervind, die weerlig flits weer en ek voel hoe die pyn deur my kop
skiet. Ek probeer kyk maar dit is nou donker, ek probeer voel maar my liggaam
voel verlam. Sy stewel ontplof in my ribbes onder my arm, dit is nie meer seer
nie ek voel hoe die lug uit my longe oor my lippe skiet ek hoor die kreunnende
geluid wat diep uit my ingewande ontsnap. Ek voel hoe die warm vloeistof tussen
my boude afloop voordat dit in die gras afdrup. Ek hoor hoe die aanvaller vir
my iets sê maar sy stem is net ‘n klank wat hol in my kop rond dwaal, en teen
my kopbeen weergalm. Ek voel hoe die windjie tussen die takke oor my maag
stoot, hoe ‘n blaar op my gesig neerdaal, maar ek kan nie beweeg nie. Dit voel
of my lyf ‘n gevangene is, of die skree van my onderbewussyn in ‘n donker saal
weergalm en dan in die mure vaskleef. Ek probeer ontsnap maar die venster in
die half-donker saal is te klein, ek hoor hoe my stem vir my uit die mure skree
maar ek kan nie die woorde verstaan nie. Die straat-lig flikker weer ek is uit
die donker-saal uit, ek voel hoe my aanvaller se warm asem teen my oor streel,
ek hoor sy stem wat in my oor fluister, ek verstaan die woord “bitch” maar die
res is onverstaanbaar. Ek voel hoe sy hande weer om my keel druk, sy vingers
druk koud teen die kant van my keel, ek slaan met alle geweld na sy gesig wat
nou voor my oë is, maar my arm beweeg nie dit is asof ek in ‘n droom vasgevang
is. Die straatlig verdof en die donker omvou my weer, ek sien weer die
koors-saal waar my stem soos die van ‘n ander met my praat. Dit is asof die
stemme verward is en ek kan hulle nie verstaan nie. Die klein venstertjie in
die hoek lyk nou grooter en ek probeer weer om deur dit te ontsnap, maar my
skouers is nog te groot. Ek kyk na my voete hulle lyk grooter as my skouers, en
daar is bloeddruppels wat droog tussen my tone vas-sit. Ek druk my kop deur die
venster en kyk in die gangetjie buite die venster af, aan die einde van die
gang is daar ‘n helder lig, wat my oë laat pyn, ek moet uit ek moet uit maar my
skouers is te groot.
Ek gly op my maag as die koors-saal kantel en tref die
muur, die muur stop my nie ek gly deur, en kan nou weer die geel straatlig
sien, ek sien hoe my aanvaller my aan my voete vat en my tussen die bosse begin
intrek, my kop hop oor die ongelyke grond, gras en blare, die take krap my kaal
lyf en ek voel hoe hulle in my rug in-steek.