Propaganda bring die Afrikaner weer
tot sy knieë
Ek wys graag
almal daarop dat die volgende artikel my opinie is en dat dit glad nie aan
enige forum of organisasie gekoppel kan word nie. Ek is ook nie ‘n taalkundige
nie, daar mag dus taalkundige foute in die artikel wees.
Voordat ek begin
is dit sekerlik van kardinale belang dat ek my siening ten opsigte van rasisme
aan die lig bring. Ek glo dat die Suid Afrikaanse konstitusie my sienings goed
opsom, ek glo dat almal die reg het tot vrye assosiasie, dat almal die reg het
tot ontwikkeling en dat rasisme nie ‘n plek in enige gemeenskap behoort te hê
nie. Ek is ‘n voorstaander van vryheid van spraak, en die reg om my opinie te
lig, nou as ek my opinie mag lig is dit uit die aard van die saak ook
enige-ander persoon se reg om dit te doen, en ek respekteer dit. Solank
ons opinies nie haatspraak en aanhitsing
tot geweld aanmoedig nie. Dit is moeilik om in vryheid te lewe as ons nie
respek in berekening bring nie, dit is dus belangrik om ten alle tye ander
mense se siening en geloof te respekteer, of ons met hulle saamstem al dan nie.
Respekvolle benadering sal ongebalanseerde en haat uitkomste beperk, soms moet
ons erken dat seker dinge sal nooit deur almal aanvaar word nie, selfs nie as
ons van dieselfde kultuur afkomstig is nie.
Sekerlik sal die maklikste voorbeeld in die Afrikaanse kultuur rugby ondersteuning wees, ons mag miskien nie
dieselfde span ondersteun nie, maar dit gee ons nie die reg om die ander
persoon onregmatige skade aan te doen nie. Respek en selfrespek loop hand an
hand, sonder die nodige self-respek kan ek nie my medemens respekteer nie.
Self-respek is kommerwekkend in Suid Afrika, ek verwys graag na sosiale media
waar mense wat nie met jou saamstem nie, maar tog ‘n eiertjie wil lê, soms net
woorde soos voetsek sal gebruik, ek bejammer hierdie mense aangesien dit
boekdele oor hulle karakter speuk.
HEIDIGE STORM IN SA POLITIEK
Ek lig vervolgens
graag my mening oor die heidige storms wat om politieke partye en organisasies
woed. Ek is van mening dat politieke gebeure soms deur buite-partye beheer
word, amper soos ‘n derde mag, as ek dit so mag noem.
Volgens my is dit
absoluut onmoontlik dat alle deelnemers aan die Suid Afrikaanse politieke arena
op dieselfde tyd inwendig begin bloei het. As ek kyk na die Politieke situasie
in Suid Afrika lê ons bedeling tussen die linkse ekstremistiese velde van die Eff, wat
met alle geweld hulle argiment wil ondersteun deur grondbesetting en selfs
moordadige uitlating teen blankes op die voorgrond te bring,
en dan aan die regterkant diegene wat Afrikaner selfbestuur en dominasie voorstaan. In die middel
van hierdie groepe het ons nou politieke partye wat deur die DA en die ANC
gelei word, wat op sogenaamde gesonde regering vlak die land ekonomies voort
probeer stoot. Na die afgelope week se onwelvoeglike en onregeerbare gedrag in
die parlement onderstreep ek graag die woord probeer met my rooi pen. Dit is
egter duidelik dat die ekstremistiese partye in die parlement nie meer as so
ektrimisties beskou kan word as ek na Erenst Roets se definissie kyk, wat op
Twitter verskuin het nie, aangesien dit blyk of die DA en die EFF mekaar in die
boksgevegte begin ondersteun het. Die publiek ondersteun op hierdie stadium enige
aksie teen President Jacob Zuma, wat die politieke ektremiste nie meer volgens
die definiesie ektremisties maak nie. Aangesien hulle nou deur die samelewing aanvaar word.
Die vinnige vordering wat die EFF dus nou
met politieke ondersteuning van wit en swart mense in Suid Afrika gekry het,
omdat hulle die president tot verantwoording roep, het onmiddelik die party
inwendig laat begin bloei. ‘n Eff lid Mpumelelo Mahlabane beskuldig Julius van
diktatorskap as hy [Malema] die lede vra om nie die EFF hof toe te vat nie,
voortspruitend uit sensuurskap wat Julius S Malema op eie stoom teen lede ingestel
het. As ek my geheue reg inspan, klink dit amper asof hy Robert Mogabe probeer [na-aap],
as beide van hulle [Julius Malema en Robert Mogabe] lede wat nie met hulle saam
stem nie, onder sensuur sit voor die interne verkiesings. Die bogenoemde
uitlatings dui duidelik daarop dat die EFF se interne stryd, tot koning van die
rooi oorpak bende tot ‘n breuk mag lei.
Dit laat die middelstroom swart, anc of
verdere linkse groep ondersteuners met geen of min representasie in die
parlement, wat hulle vreesbevange na die Afrikaanse musiek-feeste laat begin
kyk. Die grootste vrees in die nuwe bedeling is dat die Afrikaner tot ‘n gemene
doel sal begin werk en so dan samehorigheid sal bereik. Die verval van hulle[ANC
en EFF] bedelings onder Jacob Zuma en Julius Malema laat hulle nou weer met
groot oë na hierdie vrees kyk.
Op hierdie stadium wil ek graag my
argiment terugvat na die vorige bedeling en sy ondergang. Gedurende hierdie tyd
het die ANC en sy vennote tevergeefs probeer om die Republiek met militêre mag
tot oorgawe te dwing. [hulle verwys wel in nuwe geskiedenis boeke na quito
canaval as hulle oorwinning, dit is egter onwaar, ek was deel van die magte wat
quito oorgeneem het] Hulle het wel bewys dat hulle sterkste wapen in ‘n
intellegente propaganda proses gelê het. As meesters van propaganda het hulle gewys
hoe hulle ‘n regering wat nie propaganda bestand was nie tot stilstand bring.
Propaganda
Volgens my het hulle nou weer na hulle propaganda wapen begin kyk om
die Afrikaner tot ‘n moontlike verdeling te bring. Ek gaan probeer om dit met
die volgende te staaf, kom ons kyk na die gebeure van die afgelope paar maande.
Al die aandag van Suid Afrika en die wêreld word op die Afrikaner gefokus, toe
Malema in ‘n Steers inloop en handgemeen raak met ‘n blanke man. Die ophutsing
wat daaruit voortspruit word wêreld wyd op twitter gevolg, en almal vra vrae,
wat woorde van rasisme, onderdrukking en boere, bevat. Die plan is definitief
nie deur Malema van stapel gestuur nie, hy was volgens my net ‘n skaakstuk wat
geskuif is. Die vraag wat happerend aan my bly knou het was, wat het ‘n lid van
die parlement so laat in die nag voor Steers gedoen? My ondersoek vermoeë kon nie
hierdie vraag beantwoord nie, net soos wat ek nooit kon vind of(go Figure) wat
lede van die ANC en Swapo probeer verrig het deur die vrye verkiesings in Suid
Wes Afrika [Namibië] teen te staan nie. Ek verwys na SWAPO wat uit die onderhandelings
geloop het en gesê het dat hulle Suid Wes met geweld sal vat. Hierdie aksie het
dan ook tot die wel bekende “Rubicon toespraak”van PW Botha gelei. As ons mooi
dink het dit die wêreld opinie van ons leiers weereens op die voorgrond
geplaas, en die geleentheid geskep om hulle in 'n slegte lig uit te beeld.
Om terug te keer na die hede: Na hierdie
aksie het Steve Hoffmeyer ‘n redelike stelling op twitter gemaak, ons het almal
die ongelooflike reaksie op hierdie stelling gesien. Weereens my persoonlike
opinie is dat die rasistiese deel van die stelling was (Go Figure) aangesien
die grootste persentasie van die bevolking nie by magte is om dit te doen nie.
Nou volgens my as Steve hierdie stelling ses maande terug gemaak het, terwyl
die mombakkie regering nog in volle beheer was, sou hy net ‘n paar wenkbroue
laat lig het, en met ‘n ligte tik op die vingers sonder enige verlies kon
voortgaan. Kom ons wees eerlik Steve het al veel erger dinge as (Go Figure)
gesê. Dit was so erg dat selfs die poppe begin dans het, en mense buikspraak
moes doen om deur hulle nekke te praat. Borge was onmiddelik geïntimideer om hulle
konstititionele reg van vryheid van assosiasie te verloor. Nou sou dit ses
maande terug gebeur het? Die situasie het egter nie die vasbeslote Afrikaner
gebreuk nie. Toe wonder bo wonder maak ‘n televisie opname sy verskyning uit
die duistere argiewe, die opname is gedurende die wêreld beker gemaak, en
verkyn slegs wanneer die politieke klimaat in Suid Afrika op sy laagste is.
Hulle[die argitekte van die propaganda] het goed geweet dat AfriForum se nie
rasistiese konstitusie hulle sal dwing om ‘n uitspraak oor die opnames te maak,
en dat dit ‘n wig tussen die Afrikaners sal indryf. Kom ons kyk gou na die
posisie wat die verskeie betrokkenes hulle nou in bevind het.
AfriForum het homself ten doel gestel om
vir die regte van die Afrikaner te baklei deur gebruik te maak van
konstitutionele wette. Om hierdie pad te volg is dit nodig om ‘n eie konsitusie
te hê wat nie teen die land se konstitusie indryf nie. Met hierdie aanslag
bereik hulle vele welslae veral op munisipale gebiede, waar hulle verseker dat
veiligheid, omgewingsake en regering bestuur tot verantwoording geroep word.
Hulle stel ook beveiliging van plaasgemeenskappe op, en bemagtig die boere om
meer effektief te kommunikeur. Met die vrystelling van die afgestofte opname is
hulle konstitusie dadelik onder druk, en vereis dit dat hulle ‘n verklaring
moet maak.
Aan die anderkant sit Dr Dan Roodt wat nou,
weens die verklaring moet reageer, en hy maak gebruik van twitter om teen te
kap. Dit lei tot ‘n Afrikaner split, diegene wat Dan Roodt volg en diegene wat
Erns Roets volg. Die reklame dirigente
het hulle doel bereik en weereens swig die Afrikaner se samehorigheid onder ‘n goed
gedirekteurde propaganda aanslag.
Solank as wat ons[afrikaners] nie propaganda bestand is nie, sal ons
samehorigheid onder groot druk bly, en sal die ANC en die wêreld ons aan ons
neuse bly rondlei.
Ek stel dus voor dat Dan Roodt die
oorsponklike opnames met ‘n hofbevel bekom om te wys dat die beweerde direksie
van die opnames die bedoeling verander het, om sodoende die propaganda aanslag af
te weer. Ons [die afrikaner] het dit tot dusver nooit in die verlede dit reggekry
om as een ons stem te laat hoor nie, sal hierdie die eerste keur wees?
Die Afrikaner se stryd is nie so seer teen
die ander kleurige mense in Suid Afrika nie, die stryd is meer ‘n magstryd oor,
wie sal die viool speel en wie sal moet dans, as hierdie stryd uit die weg
geruim word sal ons na die werklike probleme kan begin kyk. Die werklike
probleme, volgens my, is misdaad, plaas moorde en die behoud van ons kultuur,
wat deur die konstitusie beskerm word, indien dit tot stand bly. Die ander is
natuurlik eiendoms reg wat ook onder druk verkeer, daar is die historiese
benadering en die reg om eiendom te handel. Ek sal graag kortliks na my siening
kyk oor eiendom in Suid Afrika. Lank voor apartheid in Suid Afrika ontstaan het
was daar reeds handel met eiendom tussen wit en swart bewoners, sommige van
hierdie eiendomme het verhandel voor die eerste oorloë in die land. Volgens my
kan hierdie eiendomme nie aan herverdeling onderworpe wees nie, aangesien dit
met geregmaatige handel bekom is. Ons kan op die onderwerp voortgaan en elke
stukkie eiendom onderhewig stel aan handel, geregmaatige proklimasie en dan ook
onder verwydering onder dwang. Eiendoms verwydering onder dwang is nie net
swartes wat oneien is nie maar ook wit boere. ‘n Voorbeeld sal my familie wees,
ons het eiendom van ‘n swart man net buite Johannesburg gekoop, hierdie eiendom
is later geproklameer om deel van vandag se Soweto te word. Die regering het
ons wel vergoed, maar die geld was nie genoeg om ‘n ander plaas te koop nie.
As ek nou na die gebeure van die afgelope
maande kyk, wonder ek net of die reklame aanslag deur die ANC of selfs enige
ander Suid Afrikaanse organisasie van stapel gestuur was, en of daar
buitelandse of derde mag invloede betrokke was. Ons moet in gedagte hou dat
Suid Afrika baie strategies in die wêreld lê, en die beheer daarvan kan vir
sommiges krities weet, indien so ‘n aanslag deel speel sal dit wenslik wees dat
alle regering institusies totniet gaan, maar ook dat die Afrikaner dit nie weer
oorvat nie. Net ‘n gedagte ek het geen stawing nie.
Ter afsluiting wil ek almal graag daarop
wys dat samehorigheid nie goedkoop is nie, sommige mense sal hulle posisies of
gedroomde posisies moet prysgee. Kom ons behou ons kultuur, behou ons geloof,
leef en laat leef. Behou die reg om ons posisie te verdedig los die onbenullige
stryd en bou weerstand teen propaganda. Dit mag net die resep vir selfbehoud en
toekomstige ontwikkeling wees.
Neem gerus deel aan die gesprek, laat my weet hoe jy dit sien
Willie Beetge
Aanhalings
[Go Figure] steve hoffmeyer